Selfverdediging - Verstaan Die Beste Oplossing Vir Jou!

Suid-Afrika het onlangs beleef hoe talle kwesbare besigheidseienaars, werknemers en Jan Publiek vir hul ondernemings, kollegas en hul eie besittings moes baklei weens die onrus, plundering en betogings – sonder enige vorm van beskerming van wetstoepassers.

Soos wat die spanningsvlakke oor die land heen afneem na meer bestuurbare vlakke, vra ons Suid-Afrikaners onsself twee ontstellende vrae af: "Wie sal ons besekerm as die owerhede dit nie kan doen nie?” en "Hoe beskerm ek myself teen verskillende vorms van geweld?"

Hier kom die term "selfverdediging" ter sprake.

Die definisie van selfvrdediging lui: "Die verdediging van een persoon se belange deur die gebruik van fisieke krag, wat in sekere gevalle toegelaat word, in antwoord op ’n aanval of gewelddadige misdaad."

In die lig van die definisie hierbo en weens die baie implikasies by die gebruik van ’n dodelike wapen soos ’n vuurwapen (om nie eens te praat van die wagtydperk vir ’n vuurwapenlisensie wat 12 maande of langer kan neem nie), kyk baie Suid-Afrikaners na nie-dodelike maniere om hulself te beskerm indien daar weer voorvalle van plundering en betogings of enige ander vorm van geweld voorkom.

Daar is talle beskikbare opsies vir nie-dodelike selfverdedigingsprodukte in Suid-Afrika. Ons het drie van die beste beskikbare nie-dodelike opsies gelys om te oorweeg wanneer jy jou selfverdedigingsproduk kies:

  • Pepersproei (kort afstand)
  • Skokstok (kort tot medium afstand)
  • Nie-dodelike gaspitole (medium tot ver afstand)

Voordat ons verder kyk na die voor- en nadele van watter produk om te gebruik en wanneer, raai ons aan dat konflik ten alle koste vermy moet word indien dit enigsins moontlik is, en as jy nie kan nie, dat jy net dán selfverdediging gebruik om jouself en jou besittings te beskerm.

Pepersproei

Pepersproei is een van die bekostigbaarste vorms van selfverdediging en kos van so min as R119 vir ’n 20 ml-kannetjie aan ’n sleutelhouer. Hierdie vorm van selfverdediging werk goed om ’n aanvaller wat naby aan jou is, te disoriënteer. Dit kan jou ook teen potensiële dierlike bedreigings beskerm wanneer jy byvoorbeeld gaan draf.

Skokstokke en skoktoerusting

Skokstokke en skoktoerusting is ’n goeie manier om ’n veilige afstand tussen jou en die aanvaller te behou. Hoewel dit duurder is as die pepersproei - dit kos enigiets van R279 en meer - is dit die beste om te gebruik wanneer jy bewus is van die bedreiging en weet uit watter rigting die aanvaller kom. Hierdie toestelle sal die aanvaller onmiddellik die skrik op die lyf jaag as hulle die onmiskenbare geluid daarvan hoor. Indien die geluid egter nie genoeg van ’n afskrikmiddel is nie, kan jy die toestel gebruik om die aanvaller met die skokstok te skok.

Nie-dodelike gaspistole/gewere

Nie-dodelike gaspitole, ook bekend as selfverdedigingspistole, is die beste manier om enige aanvaller in enige situasie af te weer. Geen lisensie is nodig om hierdie nie-dodelike pistole te gebruik nie omdat dit nie lewende ammunisie gebruik nie, maar “peperkoeëls” en "rubberkoeëls" met ’n soortgelyke meganisme en dryfmiddel as ’n verfbalgeweer. Dié selfverdedigingspistool is die beste vorm van selfverdediging omdat dit jou in staat stel om die aanvaller op ’n afstand van tot 18 m te hou. Jy sal gemoedsrus hê in die wete dat jy die beste beskerming het wat jy vir jouself in Suid-Afrika kan kry.

Die Futurama-span is vir die afgelope sewe jaar in bedryf en is in Somerset-Wes, net buite die winkelsentrum te vind. Dit is ’n fisieke winkel en ook ’n aanlyn handelaar van taktiese en selfverdedigingsprodukte. Hulle verkoop onder meer alles van optika vir van jagters tot sterrekykers, vir stappers, klimmers, kampeerders en ook tuinwerktoebehore. Futurama bied professionele raad oor puik produkte teen mededingende pryse en kan jou help met jou taktiese en selfverdedigingsbehoeftes.

Besoek die winkel by Somerset Mall, winkel 4, [email protected] 5-gebou op die hoek van Centenary-rylaan en Reese-weg.

Futurama sal ook jou aankope tot by jou voordeur koerier teen so min as R69 per aflewering as jy aanlyn by www.futurama.co.za bestel.

Baie mense ken die Futurama-winkel nou al as dié plek om te besoek vir taktiese en selfverdedigingstoerusting. Hier kry jy al jou verskillende selfsverdedigingsprodukte wat die beste in jou behoeftes voorsien met die hulp van een van die vriendelike personeellede. Besoek die aanlyn winkel of besoek die winkel self vir die beste oplossing vir jou selfverdedigingsbehoeftes.

Vir meer inligting, stuur e-pos na [email protected] of bel 021 851 3284 en praat met een van die professionele konsultante.